Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Seite 90

DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE

( nadelige) organismes oorleef weer waar daar min of geen suurstof is nie. Organiese materiaal word afgebreek deur bakterieë en fungi. Fungi word geëet deur onder andere nematodes( klein wurmpies), terwyl bakterieë geëet word deur protozoa( eensellige organismes soos amoebes) en ook nematodes. Nematodes en protozoa word weer geëet deur groter organismes, wat op hulle beurt deur voëls en molle gevreet word.

“ Kompostering is die proses waardeur hierdie organismes organiese materiaal afbreek, mekaar opeet en voortplant. Die hitte wat uit’ n komposhoop straal, is die resultaat van die spoed waarteen die organismes vermeerder. Die stelsel is só ontwerp dat geen groep te groot kan word nie,” verduidelik hy die ingewikkelde biologiese proses.

Nog’ n fassinerende aspek is dat die aërobiese organismes’ n beskermende lagie rondom hulself vorm wanneer die komposhoop te warm raak – tot soveel as 65 ° C – waardeur hulle oorleef. Die nadelige organismes beskik nie oor hierdie vermoë nie en word uitgeskakel.

Die windrye word gereeld omgedraai met’ n self-ontwerpte en-geboude kompos-omdraaier.

90 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025