Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 93

DIVERSIFIKASIE | DOLFIE WALTERS

Dit is’ n soort erdwurm, ook bekend as red wigglers, maar wat nie onder die grond bly nie en net in organiese materiaal leef. Dit sal die gehalte van die kompos verder verbeter, maar as jy dit uit’ n biologiese oogpunt wil verbeter, moet jy meer moeite doen,” verduidelik hy.

Hy vertel sy seun Aldo, wat baie meer geduld voor’ n rekenaar het, is besig met onderhandelinge met OAE Greens om koolstofkrediete met die kompos te verdien. Besighede koop die krediete om te kompenseer vir hul koolstofbelasting. Dit is egter’ n komplekse proses waar bewys gelewer moet word van jare se produksie en afvalinnames. Een komponent hiervan is dat hulle betrokke moet wees by gemeenskapsprojekte – iets waarmee DNA Kompos al reeds besig is.

Die meeste van die DNA-kompos gaan terug in die landbousektor, waar produsente dit gebruik om vogbeheer op bankies tussen bome en wingerdstokke te verbeter. Hulle besef al hoe meer die waarde van organiese prosesse. Hy verkoop ook bakkievragte aan mense in die omgewing.

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 9