DIVERSIFIKASIE | DOLFIE WALTERS
“ Ons het begin met Swartland Wynkelders se druiwestingels en-doppe en het toe deur’ n vriend toegang gekry tot abattoir-afval van Roelcor op Malmesbury. Baie van sulke ondernemings sukkel deesdae om van afval ontslae te raak omdat die groot stortingsterreine vol is.“ Die bedryf het baie uitdagings, en enigiets wat in Malmesbury sleg ruik, word aan ons komposaanleg toegeskryf – maar dis natuurlik nie waar nie. Ek sê altyd: ek maak nie stink kompos nie, ek laat‘ stink’ lekker ruik,” spot Dolfie.
“ Dit is’ n uitdagende produk om mee te werk, en jy moet dit dadelik meng met ou kompos en toemaak, omdat dit voëls en wilde diere lok.”
Die roumateriale wat hy gebruik, is enige organiese afval wat hy so goedkoop as moontlik en so na aan sy aanleg as moontlik in die hande kan kry. Verder as 100 km raak vervoer duur, en as’ n mens vir die produk moet betaal, is dit nog duurder. Die roumateriaal kom uit die omgewing, maar ook so ver as Worcester, Ceres, Stellenbosch, Paarl en Moorreesburg.
“ Dit is’ n uitdagende produk om mee te werk, en jy moet dit dadelik meng met ou kompos en toemaak, omdat dit voëls en wilde diere lok. Daar moet’ n gunstige balans tussen koolstof en stikstof in die kompos verkry word – ongeveer 25 dele koolstof vir elke stikstofdeel.”
DIE ONSIGBARE HELPERS
Volgens Pierre Goosen van Living Soil, wat Dolfie met die biologiese prosesse van kompostering bystaan, weet min mense dat daar lewende én dooie kompos bestaan. Sommiges ken ook nie die verskil tussen kompos en kunsmis nie.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 87