Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 86

DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE

Vir hom lyk kanola tans belowender. Die prys, gemiddeld R8 800 per ton teenoor R5 500 vir koring, maak dit meer lewensvatbaar, al bly insetkoste dieselfde. Hulle oes gewoonlik tussen 2 en 2,5 ton per hektaar, soms tot 2,8 ton.“ Kanola doen goed hier, buiten peste soos slakke, muise en tarentale wat groot skade kan aanrig,” sê hy.“ Dis waarskynlik omdat minder kraaie oor is – hulle het vroeër die tarentale se eiers geëet. Dit wys hoe maklik die natuurlike balans versteur kan word.”

VAN AFVAL TOT GOUD

As deel van sy diversifikasiedoelwitte het Dolfie in 2005’ n komposteringsaanleg gevestig wat vandag’ n groot deel van sy besigheid uitmaak.“ Ons gebruik alle natuurlike afvalstowwe vir die kompos omdat ek glo dit is goed om die produkte’ n natuurlike siklus te laat voltooi; byvoorbeeld, strooi moet eers deur’ n dier se pens gaan voor ons dit gebruik.

Slegs natuurlike materiaal – soos tuin- en ander groenafval – word vir die bereiding van die kompos gebruik.

86 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025