Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | страница 88

DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE

Peste soos slakke, asook tarentale en muise, kan groot skade aan kanola veroorsaak en verg deurlopende beheer.

“ Die biologiese komponent van kompos is die mikro-organismes wat reeds op die oppervlak van organiese materiaal sit voordat die komposmaakproses begin. Dit is dus’ n kernbestanddeel van kompos en waarskynlik die belangrikste een, al kan ons dit nie sien nie.

“ By Living Soil help ons boere om minder afhanklik te wees van kunsmatige insette en eerder te steun op biologie. Ons bestuur die biologie én die aanvanklike voedingstowwe vir boere met die doel dat die organismes self al die nodige voedingstowwe voorsien, en dat die boer minder hoef te doen. Kompos is’ n mengsel wat grotendeels bestaan uit afgebreekte organiese materiaal en biologiese komponente.”

“ Daar is’ n voedselketting onder hierdie klein organismes, en aërobiese( voordelige) organismes floreer waar suurstof teenwoordig is. Anaërobiese

10 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025