DIVERSIFIKASIE | DOLFIE WALTERS
NAAM: Rustfontein AREA: Malmesbury, Wes-Kaap OPSOMMING: Dolfie Walters het sy tradisionele graanboerdery oor die jare uitgebrei tot’ n volhoubare besigheid wat op biologiese komposproduksie fokus.
Dolfie Walters op sy plaas, waar sowat 20 ha vir die komposaanleg aangewys is.
’ N PLAAS MET BAIE FASETTE
Dolfie het in 1997 op Rustfontein begin boer nadat hy op Bakenfontein grootgeword het.“ Dis hoofsaaklik’ n saaiplaas met sowat honderd Angus-beeste wat op die vleie wei,” vertel hy.“ Ons moes egter van die skape ontslae raak weens die vele diefstalle. Net verlede week is’ n trop van sewentig skape in een aand gesteel, maar danksy die plaaslike gemeenskap is hulle vinnig opgespoor.”
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 83