DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE
Lewende kompos:
Die biologiese alternatief vir kunsmis
Woorde: Danie Keet | Fotografie: Mia Truter
Diversifikasie is vir Dolfie Walters van die plaas Rustfontein buite Malmesbury die sleutel tot volhoubare boerdery. Wat begin het as’ n tradisionele graanonderneming, het oor die jare uitgebrei na’ n gevestigde komposaanleg, terwyl die familie ook met beeste, wingerd en ander ondernemings saamwerk.
Die kompos lê in windrye om verder te komposteer voordat dit verkoop word; stoom trek uit die rye en temperatuur tot 65 ° C word in die hope gemeet.
82 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025