TLU JONGBOER | TIAAN BARKHUIZEN
produsente idees uitruil en mentorskap ontvang.“ Ek leer elke dag iets van iemand anders. Dis hoe jy groei.”
Sy volgende groot droom is om Namakwalandvleis as handelsmerk te vestig –’ n reeks vleisprodukte wat die streek se unieke karakter dra. Hy wil plaaslik slag, verwerk en direk aan verbruikers verkoop.“ Ek glo mense wil weet waar hulle kos vandaan kom,” sê hy.“ As jy vir hulle eerlike, plaaslike vleis kan gee, koop hulle nie net’ n produk nie – hulle koop’ n storie.”
Vir hom gaan volhoubaarheid nie net oor die omgewing nie, maar ook oor geslagte.“ Die grond wat vir my sorg, moet eendag vir my kinders kan sorg,” sê hy.“ Dis hoekom ek doen wat ek doen.”
Wanneer hy oor die toekoms van jong boere praat, raak sy stem ernstig.“ Daar’ s hoop, maar ons moet realisties wees,” sê hy.“ Jy kan nie met skuld begin en dink jy gaan oornag’ n boer wees nie. Begin klein, wees slim, en moenie bang wees vir verandering nie.”
Tiaan Barkhuizen se storie is een van dissipline, deursettings-vermoë en die stille trots van iemand wat sy plek op die land verdien het. Hy is nie net’ n wenboer nie – hy is’ n voorbeeld van die nuwe geslag Suid-Afrikaanse produsente wat glo dat boerdery weer kan floreer, mits jy bereid is om self die grond onder jou hande te voel.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 81