Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 80

TIAAN BARKHUIZEN | TLU JONGBOER

altyd: besef eers wat jy het voor jy vir nog vra,” sê hy.“ En dis presies wat hierdie ervaring my gewys het – ek het soveel om voor dankbaar te wees.”

’ N NUWE GENERASIE BOER MET’ N BREËR VISIE

Tiaan dink oor boerdery soos’ n entrepreneur oor’ n besigheid. Hy kyk na sy plaas as’ n onderneming met afdelings wat elk wins moet toon.“ Landbou is nie meer net ploeg en plant nie,” sê hy.“ Dis bestuur, bemarking, tegnologie en finansies – alles in een.” Hy glo ook dat boere die waarde van samewerking onderskat.“ Ek glo die toekoms van boerdery lê in vennootskappe en kennisdeling. Ons moet ophou meeding en begin saamwerk.” Hy is deesdae toenemend betrokke by plaaslike landbougroepe waar jong

10 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025