TLU JONGBOER | TIAAN BARKHUIZEN
In Namakwaland is boerdery nie vir sissies nie. Die klimaat is genadeloos. Jare van droogte, roofdiere en onvoorspelbare markte toets elke boer se vasbyt. Maar Tiaan se ingesteldheid is eenvoudig: aanpas of verdwyn. Hy gebruik jakkalsbestande drade met klippakkette aan die onderkant, hou sy troppe klein en gesentreer, en roteer sy weiding streng sodat kampe kan herstel.“ Jy kan nie die reën beheer nie,” sê hy,“ maar jy kan hoe jy boer beheer. As jy aanhou aanpas, oorleef jy. As jy kla, bly jy agter.”
Daardie pragmatisme het hom ver gebring. Toe hy die TLU Jongboer-titel ontvang het, het hy gevoel of al die jare se harde werk betekenis kry.“ My vrou sê
Die boublokke van‘ n beter kudde. Tiaan Barkhuizen se ramme, die resultaat van strategiese seleksie en gevorderde tegnieke soos LAPA, is die fondamente van sy sukses as Jongboer van die Jaar.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 79