TIAAN BARKHUIZEN | TLU JONGBOER
Bo: Tiaan se staatmaker-werkers: Jan Berg( links) en Joos de Wee.
LEIERSKAP, MENSE EN DIE WAARDE VAN GROND
Tiaan is nie’ n boer wat uit die bakkie bestuur nie. Hy glo in voete-op-die-grond-bestuur.“ Ek werk saam met my manne,” sê hy eenvoudig.“ As jy nie tussen jou diere beweeg nie, sien jy nie wat aangaan nie.” Elke week besoek hy al sy troppe, ongeag die afstande tussen plase.“ Dis harde werk, maar dis hoe jy in voeling bly met jou grond en jou diere.”
Sy werkstyl is gebaseer op respek. Hy glo mense werk beter as hulle weet hulle word raakgesien.“ Ek het nie baie werkers nie, maar ek vertrou hulle. Ek glo as jy wys jy gee om, sal hulle dieselfde doen vir jou plaas.”
78 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025