TLU JONGBOER | TIAAN BARKHUIZEN
bou so’ n kudde wat jaar na jaar verbeter.“’ n Goeie ramlammer kan tussen vyf- en sesduisend rand in die sak bring,” verduidelik hy.“ Dis nie geluk nie – dis berekende seleksie.”
Wanneer lamtyd aanbreek, verander sy lewe in ure.“ Ek staan elke twee uur op, vir ses maande van die jaar,” vertel hy.“ Teen Augustus is ek dood op my voete, maar dis soos om’ n baba in die huis te hê – jy doen dit met liefde.” Om die werk volhoubaar te hou, het hy kameras in die lamhokke laat installeer, sodat hy op sy foon kan inspring as daar probleme is.“ Jy kan nie altyd teenwoordig wees nie, maar jy kan altyd waaksaam wees.”
Die benadering bring resultate. Sy lammers het’ n hoë oorlewingskoers, en sy kudde toon jaarliks verbeterde genetiese indekse. Wat begin het as’ n droom om“’ n paar goeie diere te hê” het ontwikkel in’ n gesofistikeerde stelsel wat op data, dissipline en instink rus.
Tiaan reken produsente se inkomste word beperk deur hul grond en die getal vee wat daardie grond kan dra. Deur vertikale uitbreiding kan meerlinge met beter gehalte ooie bekom word.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 77