Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 76

TIAAN BARKHUIZEN | TLU JONGBOER

GENETIKA EN TEGNOLOGIE

Vandag is genetika die hartklop van Loersand. Tiaan glo dat elke verbetering in’ n dier se prestasie’ n direkte bate vir die plaas is.“ Die vleispryse bly dieselfde, maar jou genetika kan verbeter,” verduidelik hy.“ As jy nie meer grond kan koop nie, maak jou bestaande ooie beter. Duisend goeie ooie kan dieselfde doen as tweeduisend gemiddelde.”

Elke lam word elektronies aangeteken met behulp van die Datamax-stelsel – van geboortedatum tot ouerskap en groeitempo. Hy gebruik die LAPA-proses,’ n gevorderde vorm van kunsmatige inseminasie, om sy kudde te verbeter.“ Jy weet presies watter ram met watter ooi werk en wanneer sy gaan lam. Dis 100 % akkuraat en verhoog jou kans op meerlinge aansienlik.”

Vir Tiaan is die ooi die fabriek van die plaas.“ Sy bepaal hoe jou lammers vorentoe gaan lyk. Ek sê altyd – as jou fabriek swak werk, gaan jou produk ook swak wees.” Slegs die beste 30 % ooilammers word as teeldiere teruggehou. Hy toets prestasie, vrugbaarheid en kondisie, en

10 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025