TLU JONGBOER | TIAAN BARKHUIZEN
Die plek waar alles begin- op die plaas wat oorspronklik aan Wilma se oupa behoort het, het die Barkhuizens met min begin en‘ n vooruitstrewende onderneming ontwikkel.
( vandag deel van CPUT) en gaan daarna voltyds in landbou in. Hy begin klein, met’ n handvol diere en groot drome.
“ Loerkop het oorspronklik aan my vrou Wilma se oupa behoort,” vertel hy.“ Ek het dit veertien jaar gelede gekoop, en nou spot mense dat sy met my getrou het om die plaas weer in die familie te kry.” Die grappie vang die egtheid van hul storie vas –’ n jong paartjie wat met min begin, maar met harde werk en slim beplanning’ n plaas laat groei.
Hy praat met groot waardering oor die boere wat hom gehelp het.“ Die beste leerskool bly maar die ouer boere,” sê hy.“ Hoekom sou jy jou eie pak slae kry as jy by iemand anders se ondervinding kan leer?” Een van sy groot mentors was Handré van Wyk van Kenhardt.“ Ek het nie geld gehad vir ramme nie, so Handré het vir my ooilammers gegee in ruil vir genetika. Dis hoe my kudde begin het.”
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 75