TIAAN BARKHUIZEN | TLU JONGBOER
genetika tot verpakking – en gee hom volle beheer oor sy produk en winsmarges.
“ Vir my gaan dit oor besigheid,” verduidelik hy.“ Jy sit hier op’ n plaas, en daardie plaas moet vir jou sorg. Dit help nie jy kla oor pryse nie – jy moet aan maniere dink om geld te maak.” Elke afdeling moet, soos hy sê,“ sy eie sout verdien”.’ n Ooi wat nie binne twee jaar’ n tweeling lam nie, maak plek vir een wat kan. Jy kan nie bekostig om blote passasiers op jou grond te laat loop nie. Daar is geen plek vir sentimente in’ n stelsel waar oorlewing van doeltreffendheid afhang nie.
Die pad hierheen was lank. Tiaan het nie’ n plaas geërf nie. Sy pa was in die vervoerbedryf, en die jong Tiaan het sy liefde vir boerdery self moes ontdek en uitleef. Hy het studeer aan die voormalige Wellington Landboukollege
Tiaan teel sy Dorper-ramme vir gehardheid, bouvorm en vleisgehalte.
74 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025