TLU JONGBOER | TIAAN BARKHUIZEN
Tiaan boer in een van Suid-Afrika se mees uitdagende gebiede – Namakwaland – waar droogte en roofdiere jou daaglikse besluite bepaal. Hier het hy’ n onderneming opgebou wat die balans tussen tradisie en tegnologie fyn verstaan.
VAN LOERKOP TOT LOERSAND –’ N PAD VAN VOLHARDING
Loersand Boerdery, net buite Garies, is vandag’ n gevestigde en gediversifiseerde onderneming. Die plaas huisves nie net sy Dorperstoet nie, maar ook’ n kommersiële skaapboerdery met Dorpers, Meatmasters en Boerbokke. Daar is’ n voerkraal,’ n vleisverwerkingsaanleg én’ n groeiende bemarkingsafdeling waarmee Tiaan sy eie produkte versprei. Die hele stelsel is geïntegreer – van
Area: Garies, Noord-Kaap
OPSOMMING: Tiaan Barkhuizen bedryf’ n gemengde boerdery met Boerbokke, Dorper- en Meatmasterskaap, beesboerdery, graanproduksie en’ n voerkraal, ondersteun deur gevorderde genetika en moderne bestuurspraktyke.
Die pad na Loersand Boerdery, net buite Garies.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 73