Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 84

DOLFIE WALTERS | DIVERSIFIKASIE

Hendré se Dormer-kudde wei rustig met die neongeel kanolalande as agtergrond.

Intussen het Hendre sy pa oortuig om weer kleinvee aan te hou en’ n Dormer-kudde begin. Tannie Erika Hanekom,’ n bekende Dormer-teler, het hom baie geleer oor raseienskappe en hantering.

KORING SE STRYD, KANOLA SE KANS

Dolfie lag dat hy nou moet baklei vir’ n plek op die stropers omdat sy seuns hom vooruit is. Op die 800 ha plaas word koring, kanola en hawer afwisselend geplant.“ Verlede jaar was moeilik – swak pryse, laer opbrengste en minder gehalte. Die koring se proteïenvlakke was laag weens te min sonlig en te veel reën,” vertel hy.“ Die koringprys bly ons groot uitdaging, en daarom móét ons diversifiseer.”

84 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025