Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 60

HERLEWINGSLANDBOU

Henk van Graan, landbou-spesialis by Heineken, wys die gesonde wortelstelsel van’ n Japanese mosterddekgewasplant.

Die biochar word gebruik as basis vir die vervaardiging van kompos, en daar word sorg gedra dat die regte stikstof- en koolstofverhouding binne die komposhope gehandhaaf word.“ Dit is belangrik dat elke werker die proses verstaan en weet waarom ons dit doen,” sê hy. Die kompos word in rye gestapel, en die gehalte word gereeld getoets om te verseker dat net die beste mengsels in die grond teruggesit word. Daar word veral gefokus op die diversiteit van swamme en bakterieë in hierdie mengsels. Biochar dien as’ n mikrobevriendelike omgewing wat groot hoeveelhede water en voedingstowwe kan terughou. Dit sit ook koolstof terug in die grond, verbeter grondstruktuur, en help om die pH-vlak te herstel. Tans gebruik Nederburg ongeveer twee ton per hektaar in gebiede waar nuwe wingerde geplant word, en die resultate word noukeurig gemeet om veranderinge in grond-gesondheid op te volg.

60 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025