Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 61

Dekgewasse vir grondbeskerming

HERLEWINGSLANDBOU

In die wingerde word die gebruik van dekgewasse deurlopend ondersoek en verder uitgebou. Hoewel dit op sigself nie’ n nuwe praktyk is nie, word dit nou met ander doelwitte toegepas – spesifiek om die beginsel van’ n lewende deklaag te gebruik wat die invloed van chemiese toediening uitskakel.

In plaas daarvan om die dekgewasse af te sny, word dit platgerol sodat dit’ n beskermende laag oor die grond vorm. Dit help om vog beter te behou, verminder erosie, en skep terselfdertyd’ n gesonde habitat vir voordelige insekte wat natuurlik help om peste te beheer. Die grond word ook minimaal bewerk, wat die mikrobiese lewe en grondstruktuur verder ondersteun.

“ Dekgewasse is nie nuut nie en is deel van die beginsels wat ons toepas. Die enigste verskil is dat ons nou meer mengsels gebruik – vir verskillende redes, insluitend die verbetering van grondvog en groter diversiteit in wortelsones. Ons oorweeg ook om diere in te skakel, moontlik skape, wat deur hul hoewe kan help om die grond te rehabiliteer. Dit moet egter versigtig hanteer en deeglik gemonitor word.”

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 9