HERLEWINGSLANDBOU
Die kompos word doelgerig saamgestel met die oog daarop dat swamme en bakterieë’ n sleutelrol in die proses speel. Hierdie mikro-organismes werk saam met die biochar in die grond, en hoe meer swamme daar teenwoordig is, hoe minder kans kry onkruid om te vestig.
Hierdie biochar word daarna in die grond ingewerk om die kwaliteit van die grond te verbeter, water- en voedingstofretensie te verhoog, en plantgroei te bevorder, terwyl dit terselfdertyd die koolstofvoetspoor beperk.
’ n Spesiale oond is aangeskaf vir die vervaardiging van biochar. Dit bestaan uit’ n reuse-drom wat sowat 900 kg rou-materiaal kan hanteer. Wanneer daar tussen 600 en 800 kg wingerdhout daarin verwerk word, lewer dit ongeveer 75 % van die aanvanklike gewig as suiwer koolstof. Harde houtsoorte kan selfs tot 80 – 90 % koolstof lewer.
Die proses begin wanneer hitte deur’ n matige vuur opgewek word, waarna die gasse wat tydens die droogproses vrygestel word, weer gebruik word om die hittevlakke te handhaaf.’ n Verdere byproduk van die biochar wat in hierdie oond vervaardig word, is houtasyn. Houtasyn is reeds bewys as uitstekend vir grondbemesting, as natuurlike pesdoder, en as’ n stimulant vir plantegroei en groente- en vrugteproduksie.“ Vir ons lê die waarde daarin dat dit perfek aansluit by ons herlewingsprosesse, omdat dit omgewingsvriendelik is en chemiese produkte wat tradisioneel in die wingerde gebruik is, kan vervang,” verduidelik Henk.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 59