HERLEWINGSLANDBOU
“ Ons gebruik die water ook in die tuine van die landgoed, aangesien daar geen E. coli-teenwoordigheid is nie, en kan dit selfs terugneem na die kelder vir sekere skoonmaakprosesse. Selfs die voëllewe rondom die damme het aansienlik toegeneem.”
Koolstof vir grond en waterretensie
’ n Verdere faset wat Henk in die herlewingsiklus geïmplementeer het, is die gebruik van biochar. Dit is’ n koolstofryke, swart materiaal wat vervaardig word deur organiese materiaal van die plaas – soos ongebruikte hout uit die kelder en oes- of snoeireste – by hoë temperature te verhit.
Hierdie biochar word daarna in die grond ingewerk om die kwaliteit van die grond te verbeter, water- en voedingstof-retensie te verhoog, en plantgroei te bevorder, terwyl dit terselfdertyd die koolstofvoetspoor beperk. Biochar se fisiese en chemiese eienskappe wissel, afhangend van die tipe organiese materiaal wat gebruik word, maar dit is’ n veelsydige hulpmiddel wat’ n integrale deel van die komposteringsproses op die plaas vorm.
10 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025