HERLEWINGSLANDBOU
“ Ons het reeds gesien dat hierdie water die gehalte van die druiwe en die grond verbeter, en dat die opbrengste hoër is – alles deur net natuurlike produkte en prosesse te gebruik,” vertel Isabel.
“ Die water kan slegs veilig en volhoubaar na die natuur teruggevoer word as ons met bakterieë werk – dis die natuurlike manier,” verduidelik sy verder.“ Ons het die stelsel in 2024 begin implementeer en gebruik 43 verskillende groepe bakterieë, wat ons in die vorm van molasse by die water voeg. Sodra die suikerinhoud met die water in aanraking kom, word dit geaktiveer en begin dit voortplant. Wanneer die water uiteindelik by die vyfde dam kom, is dit op die regte spesifikasievlak om vir besproeiing gebruik te word.”
“ Ons het reeds gesien dat water uit dam vyf die opbrengs met sowat 30 % in een van die blokke verbeter het, asook die gehalte van die druiwe,” vertel Isabel.“ Dit verminder grondkompaktering, verhoog die grond se waterhouvermoë en is’ n eenvoudige proses wat slegs natuurlike bakterieë benut, en selfs munisipaliteite in die Wes- Kaap begin nou na hierdie stelsel kyk.
YOUR IRRIGATION SOLUTION!
• 1ha – 4ha Single tower, electric, water or petrol driven center pivots available
Starting at R130 000
• 3ha – 100ha + Electric pivots
• 3ha – 100ha + Solar grid tie pivots
• 3ha – 10ha Solar standalone pivots
YOU ALREADY TRUST US FOR...
Having the strongest structure in the industry Best reliability The best sprinkler packages Best web control system
For best service contact us at: + 27( 0) 18 469 1331 or + 27( 0) 82 564 5955 www. senter360. co. za
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 9