BOORDTEGNOLOGIE HERLEWINGSLANDBOU
’ n Spesiale mobiele oond op Nederburg omskep snoei-hout en ander organiese materiaal in biochar—’ n koolstofryke grond-verbeteraar.
afvalstowwe af te breek. Ons kan tans sowat 45 000 m ³ water per jaar herwin vir hergebruik – genoeg om nog 20 ha wingerde onder besproeiing te plaas. Die proses is plaaslik ontwikkel en funksioneer sonder enige bykomende tegnologie of filters. Die water vloei bloot van die een dam na die volgende, en slegs natuurlike bakterieë word bygevoeg om afvalstowwe af te breek en te verwyder,” verduidelik sy.
“ Dit neem ongeveer drie weke vir die water om van die kelder tot in die vyfde dam te vloei. Gedurende hierdie tyd breek die bakterieë alle vastestowwe in die water af, wat dan uiteindelik na die bodem uitsak. Hoewel die proses koolsuurgas vrystel, is daar genoeg retensietyd in die damme om dit natuurlik te hanteer. Ons neem maandelikse waterontledings om die vordering te monitor, en die visuele verskil tussen die damme is duidelik sigbaar.”
56 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025