Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 55

HERLEWINGSLANDBOU

By Nederburg word dekgewasse eerder platgerol as afgesny—’ n eenvoudige stap wat groot verskil maak vir grondgesondheid en waterretensie.

Sy verduidelik dat daar’ n merkbare verskil is tussen wyne wat met tradisionele, chemiese praktyke vervaardig word en dié wat uit’ n herlewingslandbou-omgewing kom.“ Die kwaliteit van wyn wat uit gesonde grond kom, is eenvoudig anders. As jy daardie gehalte kan handhaaf en dit internasionaal bemark, kan jy regtig goed vaar,” sê sy.

Hoewel die Nederburg-span glo in die langtermynvoordele van hierdie metode, meen hulle dis nog te vroeg om dit kommersieel te etiketteer as‘ herlewingslandbouwyne’. Henk van Graan beklemtoon dat hul fokus nie op bemarking of etikette val nie, maar eerder op’ n opregte verantwoordelikheid teenoor die grond self.“ Vir ons gaan dit oor volhoubare benutting – om die grond beter te los as wat ons dit ontvang het.”

Isabel vertel dat hulle’ n geslote siklusstelsel gebruik om water vir hergebruik te suiwer.

“ Ons neem die water deur’ n reinigingsproses wat uit ses damme bestaan, waar natuurlike bakterieë gebruik word om

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 55