HERLEWINGSLANDBOU
“ Wanneer die telling onder 12 daal, begin insekte jou plante aanval – dis eenvoudig hoe die natuur werk,” verduidelik hy.“’ n Swak plant lok insekte, maar hoe gesonder die grond funksioneer en hoe sterker die wortelstelsel, hoe hoër is die suikervlakke in die blare.’ n Studie in die VSA het getoon dat insekte nie plante met suikervlakke bo 12 Brix vreet nie – hulle vrek of beweeg aan na ander plante. Ons probeer dus om, gemeet oor die verskillende wingerdblokke,’ n gemiddelde suikervlak van tussen 12 en 15 Brix te handhaaf.
Ons moet egter steeds’ n mate van insekte in die stelsel behou, sodat daar genoeg prooi is vir die liewenheersbesies( ladybirds) om op te teel. Jy wil hulle in jou ekostelsel terugkry, want hulle help om peste soos mieliegoggas natuurlik in toom te hou. Dis alles’ n kwessie van balans – om te weet wanneer om in te gryp en wanneer om dit aan die natuur oor te laat.”
Ses damme vir’ n geslote siklus
Isabel Teubes, wingerdboukundige by Nederburg, is ewe entoesiasties oor die stelsel wat hulle tans implementeer.“ Uit’ n produsent se oogpunt het ons eintlik geen ander keuse as om oor te skakel na herlewingslandbou nie,” sê sy.“ Dit is’ n groot uitdaging, maar toetse wys dat wanneer opbrengs per hektaar toeneem in ou wingerde, beter pryse behaal kan word – afhangende van waar jou afsetmark is. Dit maak die proses meer winsgewend.”
ONS SPESIALISEER IN: Grond Damme | Sement Reservoirs | Sink Damme
LEOCODAMME
H D P E D A M L I N I N G S O L U TI O N S
LEON: 082 808 6344 | WWW. LEOCODAMME. CO. ZA
LEOCO DAMME VIER
54 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025
25 JAAR SE BESTAAN DEUR UITSONDERLIKE DIENS