Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 53

HERLEWINGSLANDBOU

Mikrobes en grondgesondheid vir sterker wingerde

Henk sê’ n groot deel van die herstelproses begin by suurstofbeskikbaarheid. Dit skep die ideale omgewing vir mikrobes om te floreer, en sodra’ n mens begin ondersoek instel na hul invloed, gaan daar’ n heel nuwe wêreld oop.

“ Jy kan eenvoudig nie sonder mikrobes boer nie,” verduidelik hy.“ Hulle voorsien die wingerdstokke van voedingstowwe. Waar daar nie genoeg grondlewe is nie, en die grond deur jarelange gebruik van chemiese middels verhard het, sukkel die wingerde. Wanneer die grond weer ryk word aan mikrobes, verbeter die struktuur, kan meer voedingstowwe die plante bereik, fotosinteer die blare beter, en vaar die plante oor die algemeen gesonder.”

Hy glo die oorgang na herlewingslandbou is’ n tydsame proses wat oor sowat drie jaar stapsgewys geïmplementeer moet word.“ Dit moet’ n geleidelike aanpassing wees – sonder enige skok-effek op die plante,” sê Henk.

Hy glo dat die suikervlakke in die plantblare’ n natuurlike beskerming teen insekte bied, en dat die doel is om’ n vlak van ongeveer 12 op die Brix-skaal te handhaaf.

Henk van Graan, landbouspesialis by Heineken, verduidelik hoe snoeihout en plantreste’ n tweede lewe kry. Alles word herwin in hierdie komposhoop vol mikrobes en energie.

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 53