HERLEWINGSLANDBOU
Boustene van volhoubaarheid
“ Dit is nie’ n vinnige proses nie, en daar is ook geen vaste resep daarvoor nie,” sê hy.“ Daar is’ n aantal beginsels wat toegepas moet word, en op grond daarvan kan ons herstel en verbeteringe aanbring. Herlewingslandbou is ons uitdaging om die grond-gebruike van die verlede om te keer— om meer vir die grond te gee en minder daaruit te neem, en dit in’ n beter toestand te laat as waarin ons dit gekry het.
Dis eintlik’ n geval van‘ back to the future’— jy moet eers teruggaan om te herstel voordat jy vorentoe kan beweeg. Ons verstaan dat daar nie’ n enkele resep is nie; dit kan op verskillende maniere toegepas word, afhangende van faktore soos grondtipe en klimaat. By Nederburg is biodiversiteit die grondslag van hierdie beginsels,” het hy gesê.
Grondherlewing, die hergebruik van afvalwater, die vervaardiging en aanwending van kompos in die wingerde, asook die hervestiging van natuurlike plantegroei en die teruglok van insekte en voëls na die plaas, vorm alles deel van Nederburg se herlewingspraktyke.
52 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025