BROKKIES | NUUS
Die kongres het belangrike besluite aanvaar oor eiendoms-reg, veiligheid, plaaslike regering, arbeid, ekonomiese volhoubaarheid, onderwys en kultuur, asook omgewingsake met’ n fokus op waterbestuur. Hierdie rigtingwysers sal TLU SA se beleidswerk in die komende jaar lei.
INSET VAN SPREKERS, VENNOTE EN HOOFBESTUURDER
Verskeie gassprekers en vennote het waardevolle insette gelewer, insluitend paneelbesprekings oor plaasveiligheid, arbeid en ekonomiese volhoubaarheid.’ n Boodskap namens landbouminister John Steenhuisen is deur adjunkdirekteur-generaal Dipepeneneng Serage oorgedra, wat die regering se verbintenis tot boere beklemtoon het.
“ Boere het planne vir trekkers en drade, maar nie vir hulleself nie. Oefen, kyk na jou bloeddruk en gewig – anders breek jou masjien.”
Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, het in sy verslag die harde werk van lede en strukture uitgelig.“ Ons boere wys daagliks hul veerkragtigheid te midde van moeilike omstandighede. Ons grondvlakstrukture is die ruggraat van TLU SA en maak dit moontlik om die stem van die boer duidelik te laat hoor,” het Van Zyl gesê. Hy het weer die fokus op langtermynvolhoubaarheid beklemtoon:“ Boere moet kan werk, wins maak en met sekerheid beplan. Daarom sal ons nooit ophou om hul belange te beskerm nie.”
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 45