NUUS | BROKKIES
Saam baan ons die weg na’ n beter toekoms vir landbou
TLU SA het sy jaarlikse kongres in September by die WNNR Internasionale Konferensiesentrum in Pretoria aangebied onder die tema“ Plaaslike krag = globale geleentheid.” Lede van regoor die land, saam met verteenwoordigers van ander landbou-organisasies en die regering, het saamgespan om huidige uitdagings en geleenthede in landbou te bespreek.
HERVERKIESING VAN LEIERSKAP EN BELANGRIKE BESLUITE
Henry Geldenhuys is onbestrede herverkies as president van TLU SA, terwyl Wannie Scribante weer as adjunkpresident aangewys is. In sy presidentsrede het Geldenhuys beklemtoon dat eiendomsreg die hoeksteen van stabiliteit en voedselsekerheid bly.
44 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025