Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | 页面 46

NUUS | BROKKIES

GASSPREKER DR. WOUTER BASSON

Dr. Wouter Basson,’ n gerespekteerde kardioloog en voormalige leier van die regering se chemiesebiologiese oorlogvoeringsprogram, het boere aangemoedig om staande te bly in moeilike tye. Basson, wat in 2002 van 67 aanklagte onskuldig bevind is ná’ n langdurige hofstryd, het parallele getrek tussen sy eie“ aanvalle” en dié wat boere ervaar.

Hy het die klein, maar belangrike rol van landbou in die oorlogvoeringsprogram bespreek, insluitend hoe kaolien-produkte ontwikkel is om troepe teen chemiese middels te beskerm. Kaolien bind aan gifstowwe en neutraliseer dit. In die Vrystaat het boere oor verhoogde gifbehoeftes gekla, en ondersoeke het groot voorrade kaolien in hul grond onthul.“ Ons het dit ontgin en vir jare suksesvol gebruik,” het hy verduidelik.

Basson se kernboodskap was oor veerkragtigheid:“ Dit gaan nie oor oorlewing nie, maar oor groei. As jou doel oorlewing is, is dit’ n doodloopstraat.” Hy het twee partye in die stryd uitgelig: jouself as primêre vegter( liggaam, intellek, psige en geloof) en jou familie en vriende, wat help om stres te verminder. Hy het gesondheid en fiksheid beklemtoon:“ Boere het planne vir trekkers en drade, maar nie vir hulleself nie. Oefen, kyk na jou bloeddruk en gewig – anders breek jou masjien. In my 40 dae hofverhoor het fiksheid my gehelp om staande te bly teen twee aanklaers.”

46 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025