BROKKIES | NUUS
permanente leiderskap. Daar is geen voltydse uitvoerende hoof of finansiële hoof nie, en geen GMP-sertifisering( Good Manufacturing Practice) nie. Intussen lê toerusting wat reeds in 2018 aangekoop is, ongebruik in stoorkamers. Boere vra al jare hoe lank hulle nog moet wag vir oplossings, terwyl kuddes aan voorkombare siektes uitgelewer word. Dit is’ n nasionale krisis wat voedselsekuriteit en ekonomiese stabiliteit bedreig.
WIE DRA DIE SKULD – EN WAT NOU?
Volgens die landbou-organisasie Saai is die Departement van Landbou medepligtig aan die verval deur OBP teen aanspreeklikheid te beskerm, ten spyte van jare se swak prestasie.
SAAI ROEP OP TOT:
• die onmiddellike aanstelling van bekwame leiers by OBP,
•’ n onafhanklike ondersoek na die entiteit se bedrywighede en produksievermoë, en die oorweging van publiek-private vennootskappe om die vervaardiging van noodsaaklike entstowwe weer op dreef te kry.
Die Parlement, meen Saai, moet ondersoek instel. Hulle sal saam met die Parlement en ander landbouvennote druk plaas vir hervorming – hervorming wat entstofsekerheid herstel en die lewensbestaan van boere beskerm.
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 9