NUUS | BROKKIES
Dieregesondheid in gevaar namate OBP wankel
Die jongste jaarverslag van Onderstepoort Bio-logical Products( OBP) vir 2024 / 25, wat pas aan die parlement voorgelê is, lees soos’ n noodsein vir Suid-Afrika se diere-gesondheidstelsel. Dit bevestig dat die land se enigste staatsvervaar-diger van entstowwe in’ n ernstige toestand verkeer- en die gevolge lê swaar op plaashekke regoor die land.
’ N BEDRYF OP SY KNIEË
OBP het die afgelope jaar net 62 % van sy teikens gehaal en’ n inkomste-tekort van R100 miljoen aangeteken. Die entiteit het weereens’ n gekwalifiseerde oudit ontvang – die vierde keer met dieselfde onopgeloste bevindings. Wins het van R231 miljoen tot R186 miljoen gedaal. Vir boere beteken dit leë entstofrakke, langer wagtye en groter risiko’ s vir uitbrekings van siektes soos bek-enklouseer, wat die vleisbedryf en uitvoermarkte lamgelê het.
VERWAARLOSING EN VERLORE LEIERSKAP
Vir meer as’ n dekade worstel OBP reeds met swak bestuur, verouderde toerusting en die afwesigheid van
36 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025