BROKKIES | NUUS
Volgens Elunda Basson, voorsitter van Sauvignon Blanc SA, was 2025’ n mylpaaljaar met die bekendstelling van die eerste boek oor Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc en die eerste aromawiel vir die kultivar – ontwikkel saam met die Universiteit Stellenbosch en plaaslike vennote.“ Die Top 10 wys hoe wynmakers tekstuur, kompleksiteit en verouderingspotensiaal uit hierdie edeldruif ontgin,” sê sy.
FNB SE VENNOOTSKAP MET DIE WYNBEDRYF
Stephan Claassen, FNB se provinsiale hoof vir die Wesen Oos-Kaap, sê die vennootskap is meer as borgskap:“ Sauvignon Blanc is’ n dinamiese bedryf wat werkskepping en uitvoere bevorder. Met hierdie kompetisie belê ons in volhoubare groei en innovasie.” Laai die Top 10-boekie met proenotas en die Sauvignon Blanc-aromawiel gratis af by sauvignonblanc. com.
Die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. Foto: Bruce Tuck Photography
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 35