NUUS | BROKKIES
Wes-Kaapse Boer van die Jaar aangewys gekroon
Anton Viljoen, stigter van Villion Farms, is in Oktober as Landbouskrywers Suid-Afrika( AWSA) se Wes- Kaapse Boer van die Jaar 2025 aangewys. Sy multistreekse bedryf, wat strek oor die Hexriviervallei, Nuy-vallei, Piketberg en Upington, produseer tafeldruiwe, sitrus en rosyne.
Anton en Judi Viljoen van Villion Farms.
Sedert Villion Farms se stigting in 2014, het Viljoen die onderneming laat groei om duisende mense tydens piekseisoen in diens te neem en jaarliks meer as 2,1 miljoen kartonne vrugte uit te voer. Onder sy leiding het dit‘ n toonbeeld van innovasie, volhoubaarheid en sosiale verantwoordelikheid geword. Marike Brits, voorsitter van! Xhariep AWSA, het Viljoen geprys as“’ n toonbeeld van wat dit beteken om met visie en omgee te lei.” Sy het bygevoeg dat sy sukses“’ n maatstaf vir die volgende generasie boere stel en ons almal herinner daaraan waarom die landbou steeds die hartklop van ons gemeenskappe en ekonomie bly.”
38 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025