Grond tot Mond Oktober/November 2025 Uitgawe 30 | Page 33

BROKKIES | NUUS

Van Darling tot Elim – die beste van Suid-Afrika se Sauvignon Blancs

Vier oesjare. Gehoute én ongehoute wyne. Drie wyke en ses distrikte uit drie streke. Dít is die besondere verhaal van die 2025 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10. Die beoordelaars het die beste wyne van Suid-Afrika se veelsydigste kultivar in’ n taai mededinging uit 167 inskrywings van 98 produsente bekroon. Die wenners is op Woensdag 15 Oktober by die Vergelegen-wynlandgoed deur Sauvignon Blanc Suid-Afrika aangekondig.

VANJAAR SE TOP 10( in alfabetiese volgorde):

• Ataraxia Sauvignon Blanc 2025

• Cederberg Wines Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2024( gehout)

• Delaire Graff Coastal Cuvée Sauvignon Blanc 2025

• Groote Post Sauvignon Blanc 2025( Darling)

• Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2023( gehout)

• Maastricht Sauvignon Blanc 2025

• Merwida Sauvignon Blanc 2025

• Rietvallei John B Sauvignon Blanc 2025

• Steenberg Barrel Fermented Sauvignon Blanc 2023( gehout)

• Vrede en Lust Artisan Range Blanc Fumé 2021( gehout)

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 33