NUUS | BROKKIES
2025 ABSA TOP 10 OLYFOLIE-WENNERS
( in geen spesifieke volgorde)
• Mardouw Investments ZA( Pty) Ltd – Mardouw Premium Delicate – Delicate
• De Rustica Estate – De Rustica Delicate – Delicate
• Lions Creek Estate( Pty) Ltd – Picual Extra Virgin Olive Oil – Medium
• Morgenster Estate – Morgenster Extra Virgin Olive Oil – Medium
• Willow Creek Products( Pty) Ltd – Estate Blend – Medium
• Tokara – Tokara Woolworths Estate EVOO – Medium
• Babylonstoren – Babylonstoren Coratina – Medium
• Oudewerfskloof Olive Farm – Picual – Medium
• Andanté Olives Porterville – Andanté Intenso – Intense
• Rio Largo Olive Estate – Rio Largo Premium – Intense
Nou in sy 12de jaar, weerspieël die Absa Top 10-toekennings die vennootskap tussen Absa en die SA Olive Industry Association –’ n samewerking wat groei, innovasie en volhoubaarheid in die bedryf bevorder. Yolisa Mlungwana, streekshoof by Absa Private Banking, sê:“ Elke bottel plaaslik geproduseerde EVOO vertel’ n storie van passie, harde werk en verbondenheid met die grond. Ons is trots om deel te wees van’ n platform wat uitnemendheid vier en produsente help om langtermyn-verhoudings met kleinhandelaars en kopers te bou.” Volgens Wendy Petersen bly die Absa Top 10“ die toppunt van erkenning vir ons olyfprodusente. Ons produsente lewer jaar na jaar wêreldklas EVOOs wat internasionaal meeding – hul toewyding is werklik inspirerend.”
32 GROND TOT MOND OKT | NOV 2025