Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 99

MELKPRODUKSIE | THE PLAINS

bestuurders staatgemaak. Hulle het graag vir my gewerk, maar jonger manne kry nuwe geleenthede en beweeg aan.”

WEIDINGS, REËNVAL EN DEEGLIKE BEPLANNING

“ Op hierdie plase het ons twee seisoenale kalfperiodes, en my kalf- en teelstrategie werk volgens’ n 60 / 40-teelverdeling. Ons het op 15 Februarie begin kalf en is nou aan die stertkant daarvan. Hierdie jaar het ons 140 kalwers op Nutcombe en 120 op die Estcourt-plaas.”“ Van 15 Maart tot 15 April plant en verjong ons ons weidingsplatforms, sowel as ons droëlandweidings. Ons plant sewe tot agt verskillende weidingsvariëteite, insluitend hibriedgrasse, meerjarige weidings, lusern, rooiklawer, sigorei en brassicas. Dit het ons drie tot vier jaar geneem om goeie droëlandweidings te vestig.”

Onder: Koeie in die wagkrale voordat hulle die melkstal op The Plains binnegaan.

MEI 2026 GROND TOT MOND 99