Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 100

THE PLAINS | MELKPRODUKSIE

Graham verduidelik dat sy plantstrategie oor’ n tydperk van 45 dae strek.

“ My weidings word hoofsaaklik deur kikoejoe oorgeneem en omdat ons aan die droër kant van die gebied is, spuit ons Roundup voordat die koeie inkom om te wei, maar net sowat 100 ml / ha. Die koeie wei dit af, daarna kap ons dit fyn en boor dit in. Dit hou die kikoejoe terug sodat dit nie die herfs oorheers nie.

“ Ons het gevind stikstof is nie die hoofdrywer van grasproduksie nie; kalium speel’ n groter rol. Ons druk kalium en het genoeg fosfate in die grond.

“ Ek bestuur nou drie verskillende besighede: The Plains,’ n basisplaas wat ek besit; Nutcombe,’ n huurplaas; en die Milking Trust,’ n share-milkingbesigheid wat al sowat 14 jaar bestaan.”

“ Ons bemes ons weidings einde April en hou die program eenvoudig.”

Graham sê die monitering van reënval het’ n stokperdjie geword en hy het meer as 45 jaar se reënvaldata vir The Plains. Sy statistieke is selfs gebruik tydens die beplanning van die Spring Grove-dam.

“ Ons gemiddelde reënval is nou sowat 850 mm, hoewel dit’ n sewejaar-siklus van goeie en moeilike jare volg. Nutcombe kry minder reën omdat dit laer as ons lê en warmer in die somer en kouer in die winter is. Die Estcourt-plaas, aan die ander kant, kry meer reënval.”

100 GROND TOT MOND MEI 2026