Bo: Koeie wei op besproeide en droëlandweidings wat uit 7 tot 8 verskillende weidingsvariëteite bestaan.
VRUGBAARHEID DRYF WINSGEWENDHEID
“ Ons teelprogram is op vrugbaarheid gebaseer, en as jy dit verkeerd kry, raak elke ander koste buite beheer. Hoe nouer die kalfperiode in herfs en lente, hoe winsgewender sal die plaas wees.”
Graham verduidelik dat hulle gedurende die winter beeste op droëlandmielielande laat wei. Weidings produseer min groei gedurende die winter, maar herstel sterk in die lente wanneer die beweidingsiklusse van 60 dae na 28 dae verkort. Hulle plant ook mielies vir kuilvoer en volg dit op met mielie-oorplantings as groenvoer. Die twee Mooirivier-plase besproei uit damme, daarom moet besproeiing noukeurig bestuur word omdat water’ n skaars hulpbron is.
MEI 2026 GROND TOT MOND 101