THE PLAINS | MELKPRODUKSIE
Bo: Graham Caldecott se kruisgeteelde melkkoeie op The Plains weerspieël sy fokus op kleinerraam-diere, goeie koeivrugbaarheid en’ n weidingsgebaseerde melkstelsel in die KZN-Midlands.
DRIE PLASE, EEN BEDRYF
In 2013 het nog’ n geleentheid deur sy betrokkenheid by die studiegroep ontstaan. Hy is’ n share-milkingooreenkoms aangebied om 850 koeie in Estcourt by die Master Milking Trust saam met die Australiese vennoot John Moore te melk.
Hulle besproei 170 ha weiding uit die Wagendrifdam, asook nog 30 ha waar hulle mielies en raaigras plant. Hier mik hulle daarna om 850 koeie te melk, wat die totale aantal koeie oor die besighede heen op 2 000 te staan bring.
“ Ek bestuur nou drie verskillende besighede: The Plains,’ n basisplaas wat ek besit; Nutcombe,’ n huurplaas; en die Milking Trust,’ n share-milking-besigheid wat al sowat 14 jaar bestaan. Ek het’ n reputasie opgebou as’ n voorloper in die bedryf, en ons is’ n winsgewende melkbesigheid. My grootste uitdaging is mense, en ek het nog altyd op goeie
98 GROND TOT MOND MEI 2026