MELKPRODUKSIE | THE PLAINS
“ Ons het maar gesukkel op daardie plaas. Destyds het die plaas 550 koeie op 650 ha gemelk. Tussen die twee plase het ek onmiddellik van 450 koeie na 1 000 koeie gegaan. Ek het gou besef groter bedrywighede bring groter probleme.”
Vandag het hulle 190 ha onder besproeiing tussen die twee plase en melk hulle 1 200 koeie twee keer per dag op weidings wat met mieliekuilvoer aangevul word.
Hulle gebruik hoofsaaklik kruisgeteelde koeie en gebruik steeds semen uit Nieu-Seeland.
“ Ek het geleer om altyd genoeg kuilvoer vir nog’ n jaar te hê en nooit sonder voer vir die koeie te sit nie.”
“ Ná baie jare van kruisings het ons besluit om eerder met Kiwi Friesland te teel, en die kuddes word nou van swart na swart-en-wit omgeskakel. Ons verkies ook kleinerraam-koeie van sowat 480 kg tot 500 kg en mik vir 6 000 l per laktasie, met’ n bottervetpersentasie van 4,4 % en hoër.”
“’ n Ander les wat ek tydens die droogte van 2016 geleer het, was toe ons mengwaens gebruik het om voer in te bring. Ek het geweldige verliese gely, en vandag weet ek ek sal nooit weer’ n mengwa besit nie. Ons het nou net voerwaens en genoeg mieliekuilvoer om ons deur’ n ekstra jaar te neem. Ek het geleer om altyd genoeg kuilvoer vir nog’ n jaar te hê en nooit sonder voer vir die koeie te sit nie.”
MEI 2026 GROND TOT MOND 97