Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 96

THE PLAINS | MELKPRODUKSIE

Bo: 1 200 Koeie word twee keer per dag op The Plains gemelk.

GROTER KUDDES, GROTER UITDAGINGS

Volgens Graham het dinge drasties verander nadat hy by’ n studiegroep aangesluit het wat deur Darryl Twiddy,’ n bekende melkveekonsultant in die Mooirivier-omgewing, gelei word. Twiddy is sedert 1992 sy konsultant.

Sy vrou, Shirley, help met die boekhouding van die drie plase, terwyl sy seun, Chad, sy eie balerings-, kuilvoer- en misstortingsbesigheid bedryf. Chad is swaar gefinansier en is nou in sy sesde jaar van kuilvoersny. Hy word reeds as een van die topkuilvoerkontrakteurs in die gebied beskou en sal hierdie seisoen 1 100 ha gekap het.“ Hy wikkel,” grap Graham.

Namate die besigheid gegroei het, het Graham in 2010 die geleentheid gekry om Nutcombe, sowat 7 km van The Plains af, te huur. Ná deeglike ondersoeke het hy die koeie en toerusting gekoop terwyl hy steeds 450 koeie op The Plains gemelk het.

96 GROND TOT MOND MEI 2026