MELKPRODUKSIE | THE PLAINS
Volgens Graham was dit aanvanklik maar’ n wankelrige opstelling met’ n sespunt-melkmasjien op’ n 265 ha-plaas.
“ In daardie dae het ons 10 koeie gekoop, dit afbetaal, nog 10 gekoop en dit afbetaal terwyl ons maar gesukkel het. Roy het ook in 2005 by die plaas aangesluit en’ n plaasstal bestuur rondom die tyd van die 1995-Rugbywêreldbeker.
“ Soos dit maar met familiebesighede gaan, het dinge nie regtig uitgewerk nie. Ons het uitmekaar gegaan en ek moes my broer uit The Plains uitkoop toe ons omtrent 200 koeie gemelk het. Die kontrakteringsbesigheid was die hoofinkomste, terwyl die boerdery geld opgeslurp het. Ek het die grond en melktoerusting gekoop, wat my met’ n baie hoë skuld-tot-bate-verhouding gelaat het.”
Onder: Koeie staan gereed vir die melkmasjiene om tydens een van die melksessies aangeheg te word.
MEI 2026 GROND TOT MOND 95