Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 94

THE PLAINS | MELKPRODUKSIE

EIENAAR: Graham Caldecott AREA: Mooirivier-omgewing, KZN-Midlands OPSOMMING: Graham Caldecott bedryf’ n groot melkboerdery wat van’ n klein begin met sowat 60 koeie tot’ n bedryf van ongeveer 2 000 koeie oor drie besighede gegroei het. Sy fokus is op lae-inset-, laekostemelkproduksie, goeie weidingsbestuur, grondvrugbaarheid en koei-vrugbaarheid.

Bo: Van swart na swart-en-wit weerspieël Graham Caldecott se Frieskudde jare se noukeurige teling en’ n weidingsgebaseerde melkstelsel wat vir die KZN-Midlands gebou is.

TERUGGEROEP PLAAS TOE

“ Ek is die jongste van drie kinders. Buiten Roy het ons ook’ n suster, Debbie Stratford, wat ook met’ n melkboer getroud is. Ná skool is ek na Weston en Cedara se landboukolleges. My ma het my eendag gebel terwyl ek saam met vriende was en gesê dit is tyd om plaas toe terug te kom. My pa was gefokus op die kontrakteringsbesigheid en wou die plaas verkoop. Sy het geweet ek wil boer en het my teruggetrek,” vertel hy.

“ Destyds het ons sowat 60 koeie gemelk. My planne om oorsee te gaan is kortgeknip, en in 1990 was ek terug op die plaas.”

94 GROND TOT MOND MEI 2026