MELKPRODUKSIE | THE PLAINS
Ons arriveer by Graham Caldecott se plaas, The Plains, op daardie tyd van die dag wanneer’ n melkboer gewoonlik ná die lang oggendskof en eerste melksessie van die dag’ n vinnige kragslapie probeer inkry.“ Ja, dit is waar. Ons staan elke oggend omstreeks 04:30 op, en teen hierdie tyd is dit tyd vir’ n bietjie herlaai,” groet Graham ons.
“ Die afgelope twee maande was rof sedert my bestuurder vir groener weivelde vertrek het – dié keer Donald Trump se Amerika en sy Suid-Afrikaanse vlugtelingprogram. Tot sy verdediging moet ek sê hy het al voorheen in die VSA gewerk en hoop om daar’ n beter toekoms vir homself te bou. Dit het baie druk terug op my geplaas. Ek het sedert 25 Januarie nog nie’ n dag af gehad nie en hardloop plat uit, maar ek glo dinge sal binnekort rustiger raak,” sê hy.
Onder: Die hele kudde kry soortgelyke voer om die eenvormige gehalte van die melk wat deur al die koeie geproduseer word, te verseker.
MEI 2026 GROND TOT MOND 93