Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 90

ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE

Bo: Nkeniseng Morea en Waldo Staude by die pakstoor van Endibeni Agriculture.

MENSE, GEMEENSKAP EN MOMENTUM

Op die landerye waar vroue besig is om nuwe kruie te plant, ontmoet ons ook Waldo se regterhand, Sboniso. Hy sit gereeld by Waldo as beplanning gedoen word en gee dit dan deur aan sy spanne werkers wat die verskillende aktiwiteite op die landerye uitvoer. Arbeid is nie’ n probleem hier nie en Waldo is nou by die plaaslike gemeenskap betrokke.

“ Dit hang natuurlik af van hoe jy na jou mense kyk en of jy gesonde menseverhoudinge het – dis die beste sekuriteit. Ons is betrokke in die gemeenskap en help hulle met die ploeg van groentetuine en sny die skool se sokkerveld of borg soms produkte en items vir hul sokkertoernooie.”

90 GROND TOT MOND MEI 2026