Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 91

GROENTE | ENDEBENI AGRICULTURE

Waldo het ná skool BSc landbou met agronomie en toe honneurs in landbou-ekonomie aan Kovsies gestudeer, maar glo die opleiding gee jou maar’ n basiese kennis en die vermoë om krities te dink.

“ Dit gee jou nie noodwendig die praktiese kennis om te boer nie; dit moet jy maar self in die praktyk leer.” reken Waldo.

Terwyl ons in die landerye bo in die hoogste dele van die plaas rondry en die netjiese rye groente en kruie beskou, vertel hy dat hier nog heelwat wild te siene is.“ Veral as ons in die winter hawer saai, kom die rietbokke in die namiddag hier wei. Ek het al tot 19 op’ n keer hier getel. Daar is ook jakkalse en ander kleinwild en ons buurman het al’ n luiperd op een van sy veldkameras afgeneem. Maar dit is die omgewing waarin ons boer en ons deel dit met die natuurlike inwoners,” sê hy.

Foto: Google Maps

MEI 2026 GROND TOT MOND 91