Grond tot Mond Mei 2026 - Uitgawe 35 | Page 88

ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE

boerdery. Dit kan gebeur dat een haelstorm hier verbytrek wat al ons gewasse vernietig, en dan het jy darem nog die beeste wat jou’ n inkomste kan bied. Die area is baie nat vir skape, en ons het in’ n stadium omtrent 200 skape gehad, maar die heeltyd gesukkel met vrotpootjie en wurms.

VAN OES TOT PAKHUIS

Verpakking van die groente en kruie word met die hand in die pakhuis gedoen. Vandaar word dit in’ n koelkamer geberg totdat dit verder versprei word of deur kopers afgehaal word. Hul fokus is tans steeds op grootmaatverpakking met die mikpunt om later direk na supermarkte te versprei, maar dit verg heelwat meer werk, veral met oudits soos Global GAP waarmee hulle tans besig is. Tans is grootmaatverpakking egter die antwoord.

“ Ons gaan die pakhuis uitbrei om meer ruimte te skep. Die oesmasjien vir die babaspinasie oes alles, blare en onkruid, en as die produk dan in die pakhuis kom, word dit op’ n vervoerband gelaai vanwaar werkers dit dan skoonmaak van ongewenste materiaal voordat dit in punnets verpak word.”

Onder: Werkers is besig om groente in die pakhuis skoon te maak voor verpakking.

88 GROND TOT MOND MEI 2026