GROENTE | ENDEBENI AGRICULTURE
twee of drie snysels spinasie van dieselfde plant en babaspinasie kan ons ná ongeveer 30 dae vir die eerste keer oes. Die plantjies word van saad gekweek wat ons van Rijk Zwaan uit Holland invoer.
“ Kruie het hitte nodig en ondanks die koue is die wintermaande goed vir hul groei. Dit word tog dan nog ongeveer 25 ° C in die dag met nagtemperature wat val van-2 ° C tot 25 ° C deur die dag. Somers is relatief gematig met temperature tussen 32 ° C en 33 ° C deur die dag en nagtemperature so om en by 18 ° C.
“ Een van die grootste redes hoekom ons ook konvensionele gewasse kweek, is om vir die kliënte’ n redelike verskeidenheid produkte te kan aanbied. Die kleinhandelaars kan dus’ n hele mandjie produkte by ons kry.
“ Baie dele van die plaas het kikuyu-lande en ons beeste kan daar wei. Hulle is hoofsaaklik vleisbeeste soos gemengde Angusse en Brahmaanbulle en vorm’ n kudde van omtrent 120 diere. Dit help ook met die diversifisering in ons
Onder: Lang rye jong groenteplantjies op Endebeni Agriculture se plaas buite Mooirivier.
Foto: Google Maps
MEI 2026 GROND TOT MOND 87