ENDEBENI AGRICULTURE | GROENTE
Bo: Werkers is hier besig om koljander te oes.
Onkruid is’ n reuseprobleem en ons moet alles met die hand uithaal. Dit oorgroei feitlik die kruie, soveel so dat ons dit nie kan oes nie omdat dit die groei van die plante beïnvloed. Alles moet dan met die hand uitgetrek en skoongemaak word.”
Insekte is nie vir hulle juis’ n probleem nie, omdat die kruie sterk reuke het wat hulle verdryf.
Waldo vertel dat babaspinasie tans hul groot fokus is omdat daar min ander plase in KwaZulu-Natal is wat dit verbou. Die meeste kom uit die Kaap, van plekke soos Philippi op die Kaapse Vlakte. Hulle het vanjaar vir die eerste keer eiervrug geoes en kry tot drie pluksels van elke plant.
“ Omdat ons nou eintlik maar eers begin, verbrand ons nog dikwels ons vingers en probeer voortdurend nuwe dinge. Ons leer nog baie en plant verskillende gewasse om te sien wat die beste hier by ons aard.
“ Ons het die ou melkery omskep in’ n pakstoor en fokus verder op die babaspinasie met die tweedehandse oesmasjien wat ons aangeskaf het om produksie te verbeter en te meganiseer en die handearbeid te verminder. Ons kry
86 GROND TOT MOND MEI 2026